Bio
Mannemarak is my naam en ek kom ver van hiervandaan
In my ruimteskip, oud en gebreek,
besoek ek die aarde eenmaal 'n week
Op my planeet wil ons alles weet
en wat ek weet sal ek nooit vergeet
Op enige plek kan ons twee land
en besoek ons die aarde van hoek tot kant
As die nood druk kan ek vinnig verdwyn
want ek en my skippie is baie klein.
Op my planeet wil ons alles weet
en wat ek weet sal ek nooit vergeet.
En wat ek weet.... Sal ek nooit... ooit...
vergeet....